Review: Willa (Travelground)

Fabelagtigste, geselligste kothuis waarin mens dadelik tuis voel. Selfs die puntenerigste reisigers sal in vervoering wees met hierdie plekkie. Dit is werklik ongelooflik. Skoon, goed toegerus, vol luukshede, mooiste uitsigte vanaf die stoep. Unieke en verfrissende swembad in die woud naby huisie. Ordentlike wyn wat wag met aankoms en vars blomme spesiaal neergesit oral in die huisie. Sandy is baie behulpsaam en sorg vir alles wat mens se hart kan begeer, vir 'n onvergeetlike wegbreek. Mens sal baie ver soek vir 'n beter en liefliker plekkie as hierdie. Elke sent werd!

Willa (Travelground)

Share this post:

Share on facebook
Share on twitter
Share on linkedin
Share on pinterest
Share on telegram
Share on whatsapp
Share on facebook
Share on email